Business Thinkers
Hierdie Blog sal al die leerders wat Besigheidstudies as 'n vak het, op hoogte hou van alle relevante inligting wat op toepassing is op die leerders.
- Besigheidsektore video: https://www.youtube.com/watch?v=8KDxAWfMwf4
Hier is 'n paar voorbeelde van Besigheidsektore.
Wat is Besigheidsektore?
Primêre nywerhede
By primêre nywerhede, soos boerdery, bosbou, visserye en mynbou, word dinge ontgin wat periodiek deur die natuur voortgebring word of reeds in die natuur bestaan.
Boere, byvoorbeeld, kweek gewasse of teel vee. Graan, vrugte en groente word geoes vir plantaardige voedsel, beeste word geslag vir hul vleis en koeie word gemelk. Op hul beurt word skape ook geslag vir hul vleis of van tyd tot tyd geskeer vir hul wol. Hoenders word aangehou vir hul vleis en/of hul eiers.
Sekondêre nywerhede
Teenoor primêre nywerhede is daar sekondêre nywerhede wat dinge maak, bou en aanmekaarsit. Vervaardigers gebruik grondstowwe, dit wil sê onbewerkte, rou materiaal, asook onderdele wat hulle van ander nywerhede kry, om hul produkte te vervaardig. Só maak ’n Suid-Afrikaanse nywerheidsreus soos Sasol petrol uit steenkool wat in die primêre sektor ontgin word.
Tersiêre aktiwiteite (dienslewering)
Dienslewerings is besonder belangrik in die moderne wêreld. Dienste bied waarde aan mense maar is nie konkrete goedere nie. Voorbeelde van aktiwiteite wat met hierdie sektor geassosieer word, is dié van banke, ondernemings vir openbare vervoer, gesondheidsorg, regsdienste, klerklike dienste en toerisme. Ook die media en vermaaklikheidsbedrywe (rolprente, die televisie, radio, teater en so meer) is vanselfsprekend gemoeid met dienslewering.
Huiswerk: Leerders moet aan nog voorbeelde dink van besigheidsektore, want hulle gaan
hulle voorbeelde aan die klas verduidelik. Die huiswerk benodig (Primêre,
Sekondêre en Tersiêre fases)
hulle voorbeelde aan die klas verduidelik. Die huiswerk benodig (Primêre,
Sekondêre en Tersiêre fases)
Toets: Leerders skryf die 28 Mei 2015 in klastyd oor al die inligting rondom die
besigheidsektore.
sjokolade fabriek, waar hulle vir ons die Primêre, Sekondêre en Tersiêre fases
gaan demostreer. Elke leerder moet voor die 22 Mei 2015 hul R20.00 vir my
bring vir die uitstappie.
Enige navrae oor enige iets is jy meeras welkom om my te kom sien in die klas.
No comments:
Post a Comment